Desember 2015, 'n normale Dinsdagoggend so twee weke voor kersfees. Niks is vreemd nie. Mense kom en gaan soos normaal. Skielik "out of nowhere" word my beste vriendin se pa uit ons lewens geruk.

Skielik | Geen waarskuwing | Normale Dag| Hy is weg

Dis in 'n oomblik soos dit wat ek gaan sit en besef haar lewe het sopas onherroeplik verander.  Ons is almal bewus dat die dood deel is van die lewe tot dit ons bekruip en skielik 'n werklikheid word wat deur murg en been sny.

Die boodskappe en teksverse het in gestroom, wat sê mens? Almal wil help, Almal wens hulle kon iets doen wat die emosies, skok en die belewenis van "loss" bietjie - net 'n bietjie ligter maak. Maar daar is niks.

So vandag wil ek jou bemoedig jongmens of ouer wat al die emosies van "loss" aan die dood ervaar het. Die enigste plek waar dit wat gebeur het sin maak en waar vrede en berusting kom is by Jesus se voete.

Dit laat my altyd dink aan die skrif, AND THE PEACE THAT SURPASSES ALL UNDERSTANDING SHALL GUARD YOUR HEART AND MIND..... dit sê vir ons dat 'n vrede in daardie deurmekaar tyd wat jy nie kan beskryf nie oor jou sal kom.  Die wêreld verwag van jou om histeries te wees heeltyd, altyd - Maar die Heilige Gees sê |  ek hoor jou hart wat tans binne in die verwoestende storm is, dit gaan okay wees. Ek is lief vir jou.

Dit ruk elke keer my hart wanneer ek van 'n tiener selfmoord hoor en dit is die emosie van "loss" wat by my "gestur" word wat maak dat ek jongmense wil help uit die greep van die vyand. Ek staan vandag op en sê | NO MORE!!!

Ons sal "fight" vir die jeug van ons land.

Julle hoor binnekort meer van ons. Sterkte en kontak ons as jy wil chat.

Blessings.

Ria

 

Comment